GUITAR4KIDS.COM
Beginners Guitar Course - for the whole family!
Beginners Kitaar Kursus - vir die hele gesin!

 

Uiteindelik by die regte webblad!

HIERDIE KURSUS IS GESKIK VIR JONK EN DIE WAT NIE MEER SO JONK IS NIE!

Hartlik welkom!  Is jy een van daardie mense wat al die Internet gaar gesoek het na 'n maklike, verstaanbare kitaar kursus, waar jy kan leer speel en dit geniet? Dan het jy uiteindelik by die regte webblad gearriveer!

Guitar4kids.com bestaan uit 2 verskillende kursusse

1.
Die gewone kursus geskik vir kinders van so Grd. 4 tot volwassenes

KOOP DIE VOLLEDIGE KURSUS
$49.95 - PAYPAL


 


2.
Die kleuter kursus vir die kleintjies wat min of glad nie kan lees nie. (Grd. R - Grd. 3) - $49.95




Lees meer daaroor op die KLEUTER KURSUS blad!!

 

LAAI LES 1 GRATIS HIER AF
Wees asb. geduldig - die lêers is groot en neem 'n paar minute!


BESKIKBAAR IN ENGELS & AFRIKAANS!!

MEER OOR DIE BEGINNERS KITAAR KURSUS

Al die lesse in my kursus bestaan uit Visuele en Oudio lêers en dit werk as volg:

Elke les bestaan uit illustrasies en foto's van die drukke wat in die betrokke les aangeleer word.  Al die lesse asook die liedjies wat jy in elke les aanleer is opgeneem in 'n Oudio lêer. DUS hoef jy nie self deur die lesse te LEES nie, maar kan jy dit luister en net saam volg in jou les.  Ek behandel dus die les met jou asof ek self by jou sit en dit aanbied.
Dieselfde geld vir die liedjies - die liedjie is opgeneem DUS kan jy eers luister na die betrokke liedjie indien jy dit nie ken nie - jou drukke goed leer vir 'n paar dae - en sodra jy jou drukke goed ken en kan wissel, kan jy dieselfde liedjie gebruik om mee saam te oefen - dus amper soos 'n "backtrack".  Sodoende leer jy ritme en slag tegnieke aan!

VOLLEDIGE KURSUS BESTAAN UIT:
6 Lesse - elk met 2 liedjies
Lesse en liedjies is opgeneem in Audio
Sleutel aangeleer: D, A, E, G, C, F

Hierdie kursus is regtig nie moeilik nie! 

JA!!!
Hierdie kursus is ideaal vir groter kinders EN grootmense!  Kinders van die ouderdom 8/9 (graad 2) het al hierdie kursus met groot sukses voltooi!

Hierdie kursus is in die volgende formate beskikbaar:
1.
'n Boek met al die lesse & 'n CD met die Oudio lesse & liedjies op wat jy op 'n CD speler kan luister! (net in SA)
2.
Aflaaibaar van die Internet (Internasionaal)

Sodra jy Les 1 afgelaai het, en besluit het of jy daarvan hou, kan jy my of kontak om die volledige kursus te koop.

Let asb. daarop dat jy Adobe Reader op jou rekenaar nodig het om Les 1 te kan oopmaak.  Indien jy probleme ondervind of 'n "ERROR" boodskap kry, mag dit wees dat jou rekenaar se Acrobat Reader 'n ouer weergawe is as die een wat ek gebruik het. 

Jy kan die nuutste weergawe gratis aflaai deur op hierdie skakel te kliek:

KLIEK HIER: 
Adobe Reader

'n Oulike webblad om jou kitaar in te stel:
KLIEK HIER

Soek jy oulike kitaar liedjies?
CHORDIE.COM


KOOP DIE VOLLEDIGE KURSUS
$49.95 - PAYPAL


 

       E-mail this site to a friend

Web Hosting Companies