Goeie nuus aan al die mammas en pappas met Grd. R tot Grd. 3 kleingoed!  Jou kleinding van Grd. R tot Grd. 3 kan nou leer kitaar speel.

Ek het ‘n kitaar kursus saamgestel spesiaal vir die outjies!  Ek maak gebruik van prentjies en assosiasies om die akkoorde vir hulle te leer en verder maak ek staat op hul geheue om die patroon van die drukke te memoriseer.  En sodoende leer hulle die liedjies speel.

Ek maak net gebruik van christelike kinder liedjies – Afrikaans & Engels.

Ek leer die kinders liedjies wat net eers met 2 akkoorde begin en later met 3 akkoorde. Elke akkoord word geassosieer met ‘n prentjie.

As ‘n liedjie dus uit bv. 6 drukkies bestaan, gaan die kind die patroon van die drukke memoriseer, en leer om te luister waar die liedjie verander, en sodoende gaan hy/sy die liedjie leer speel.

Die kursus is volledig uitgetik – al kan die kind tans nog nie lees nie, of lees dalk nog min. Die rede hiervoor is omrede hulle binne ‘n paar maande of ‘n jaar wel sal kan lees en dan kan hy/sy die materiaal steeds gebruik.

Die kursus is in volkleur en u kan dit uitdruk en in ‘n “flipfile” plaas (om dit te beskerm en sodat dit langer behoue bly) en saam met dit ontvang u al die Audio lêers wat u op ‘n CD kan plaas.

Al die lesse en liedjies is opgeneem. U kind gaan dus die liedjies en prentjies voor hom hê, na die CD luister waar ek die kursus met hom/haar gaan deur gesels, en met ‘n klein bietjie hulp van ma of pa (of ouma of oupa) om net te help om seker te maak dat hy/sy op die regte bladsy is en dat die vingers op die regte snare en sporte is, sal die kind sommer vinnig-vinnig die kursus onder die knie kry.

KITAAR LESSE VIR DIE HELE GESIN - 5jr tot 105jr.

G4K-Beginners Kitaar Kursus

G4K-Kleuter Kursus

Die beginner kursus is geskik vir kinders van so Grd. 4 tot volwassenes

VOLLEDIGE KURSUS BESTAAN UIT:
6 Lesse – elk met 2 liedjies
Lesse en liedjies is opgeneem in Audio
Sleutel aangeleer: D, A, E, G, C, F

Al die lesse in my kursus bestaan uit Visuele en Oudio lêers en dit werk as volg:

Elke les bestaan uit illustrasies en foto’s van die drukke wat in die betrokke les aangeleer word. Al die lesse asook die liedjies wat jy in elke les aanleer is opgeneem in ‘n Audio lêer. DUS hoef jy nie self deur die lesse te LEES nie, maar kan jy dit luister en net saam volg in jou les.

Ek behandel dus die les met jou asof ek self by jou sit en dit aanbied.

Dieselfde geld vir die liedjies – die liedjie is opgeneem DUS kan jy eers luister na die betrokke liedjie indien jy dit nie ken nie – jou drukke goed leer vir ‘n paar dae – en sodra jy jou drukke goed ken en kan wissel, kan jy dieselfde liedjie gebruik om mee saam te oefen – dus amper soos ‘n “backtrack”. Sodoende leer jy ritme en slag tegnieke aan!

Hierdie kursus is regtig nie moeilik nie! 

Hierdie kursus is ideaal vir groter kinders EN grootmense!  Kinders van 9jr het al hierdie kursus met groot sukses voltooi!

jou droom om kitaar te speel word waar!