GUITAR4KIDS.COM
Beginners Guitar Course - for the whole family!
Beginners Kitaar Kursus - vir die hele gesin!

 

NUUT!!! KLEUTER KURSUS

 Kyk na hierdie pragtige video clip van die oulike seuntjies wat die kleuter kursus by my gedoen het!  Is hulle nie te pragtig nie?



GOEIE NUUS AAN AL DIE MAMMAS EN PAPPAS MET
GRD. R TOT GRD. 3 KLEINGOED!

Wil jou kleinding van Grd. R tot Grd. 3 graag leer kitaar speel, maar hy/sy kan min of glad nie lees nie?



Ek het ‘n kitaar kursus saamgestel spesiaal vir die outjies!  Ek maak gebruik van prentjies en assosiasies om die akkoorde vir hulle te leer en verder maak ek staat op hul geheue om die patroon van die drukke te memoriseer.  En sodoende leer hulle die liedjies speel. 

Ek maak net gebruik van christelike kinder liedjies - Afrikaans & Engels.


Die Engelse kursus sal eers op 'n later stadium beskikbaar wees.
 


MEER OMTRENT DIE KURSUS
Die kursus is 'n 6 weke kursus.  Ek leer die kleingoed liedjies wat net eers met 2 akkoorde begin en later met 3 akkoorde.  Elke akkoord word geassosieer met 'n prentjie. 

As 'n liedjie dus uit bv. 6 drukkies bestaan, gaan die kind die patroon van die drukke memoriseer, en leer om te luister waar die liedjie verander, en sodoende gaan hy/sy die liedjie leer speel.

 

Die kursus is volledig uitgetik - al kan die kind tans nog nie lees nie, of lees dalk nog min.  Die rede hiervoor is omrede die kleinding binne 'n paar maande of 'n jaar wel sal kan lees en dan kan hy/sy die materiaal steeds gebruik. 

FORMATE BESKIKBAAR:

1.
Boek & CD (slegs in Suid-Afrika)
Die kursus is in volkleur gedruk en word in 'n "flipfile" geplaas (om dit te beskerm en sodat dit langer behoue bly) en saam met dit ontvang u 'n Audio CD.  Al die lesse en liedjies is opgeneem op die CD.  U kind gaan dus die liedjies en prentjies voor hom hê, na die CD luister waar ek die kursus met hom/haar gaan deur gesels, en met 'n klein bietjie hulp van ma of pa (of ouma of oupa) om net te help om seker te maak dat hy/sy op die regte bladsy is en dat die vingers op die regte snare en sporte is, sal die kind sommer vinnig-vinnig die kursus onder die knie kry.

KOSTES:
R300-00 (posgeld ingesluit - kontak my vir bank besonderhede)

2.
INTERNET (Internasionaal)
U kan die kursus ook aflaai van die Internet en dit dan self uit druk en die mp3 lêers op 'n CD plaas.

KOSTES:
$49.95



LES 1 IS GRATIS BESKIKBAAR
Om dit af te laai, kliek hier.
Voltooi net die kort vorm, en u sal geneem word na die blad waar u Les 1 kan gratis aflaai.  Wees afb. geduldig - party is groot lêers.

 

  KOOP DIE VOLLEDIGE KURSUS
PAYPAL - $49.95
 

 

Web Hosting Companies