Beginners Guitar Course - for the whole family!

 

 Goeie dag!
Ai dit is darem so lekker om in Afrikaans ook te kommunikeer!  Baie welkom by my webblad en ek hoop werklik jy vind wat jy so lankal voor soek!

MEER OOR DIE BEGINNERS KITAAR KURSUS

Al die lesse in my kursus bestaan uit Visuele en Oudio lêers en dit werk as volg:

Elke les bestaan uit illustrasies en foto's van die drukke wat in die betrokke les aangeleer word.  Al die lesse asook die liedjies wat jy in elke les aanleer is opgeneem in 'n Oudio lêer. DUS hoef jy nie self deur die lesse te LEES nie, maar kan jy dit luister en net saam volg in jou les.  Ek behandel dus die les met jou asof ek self by jou sit en dit aanbied.
Dieselfde geld vir die liedjies - die liedjie is opgeneem DUS kan jy eers luister na die betrokke liedjie indien jy dit nie ken nie - jou drukke goed leer vir 'n paar dae - en sodra jy jou drukke goed ken en kan wissel, kan jy dieselfde liedjie gebruik om mee saam te oefen - dus amper soos 'n "backtrack".  Sodoende leer jy ritme en slag tegnieke aan!

VOLLEDIGE KURSUS BESTAAN UIT:
6 Lesse - elk met 2 liedjies
Lesse en liedjies is opgeneem in Audio
Ekstra liedjies vir elke les
Sleutel aangeleer: D, A, E, G, C, F

Hierdie kursus is regtig nie moeilik nie! 

JA!!!
Hierdie kursus is ideaal vir groter kinders EN grootmense!  Kinders van die ouderdom 8/9 (graad 2) het al hierdie kursus met groot sukses voltooi!

Hierdie kursus is in 2 verskillende formate beskikbaar:
1.
Jy kan dit aflaai van hierdie webblad - in .pdf formaat
2.
'n Boek met al die lesse & 'n CD met die Oudio lesse & liedjies op wat jy op 'n CD speler kan luister!

LES 1 GRATIS BESKIKBAAR!
Jy kan Les 1 gratis aflaai om self te besluit of jy van die formaat van die kursus hou, voordat jy dit aankoop. 

Voltooi slegs die kort vorm, en jy sal Les 1 kan aflaai.

Wees asb. geduldig terwyl Les 1 aflaai - dit is 'n groterige lêer en kan 'n paar minute neem!
KLIEK HIER

Sodra jy Les 1 afgelaai het, en besluit het of jy daarvan hou, kan jy my of kontak of slegs die stappe volg op die bladsy
STEPS TO FOLLOW

om die volledige kursus te koop en af te laai.

As jy my graag wil kontak, kliek hier

Let asb. daarop dat jy Adobe Reader op jou rekenaar nodig het om Les 1 te kan oopmaak.  Indien jy probleme ondervind of 'n "ERROR" boodskap kry, mag dit wees dat jou rekenaar se Acrobat Reader 'n ouer weergawe is as die een wat ek gebruik het. 

Jy kan die nuutste weergawe gratis aflaai deur op hierdie skakel te kliek:

KLIEK HIER: 
Adobe Reader

'n Oulike webblad om jou kitaar in te stel:
KLIEK HIER

Soek jy oulike kitaar liedjies?
CHORDIE.COM


Web Hosting Companies